Eda Barnard van die Drakenstein-munisipaliteit se verskoning oor die onlangse sluiting van die verkeersafdeling tydens werksure is onaanvaarbaar.
Nie almal is op die platforms waarvan jy praat nie!
Die vraag is – hoeveel mense moes voor ’n toe deur omdraai toe julle besluit het om jul rug op die publiek te keer?
Julle is daar om ’n noodsaaklike diens te lewer, en dit is waarvoor ons ten duurste betaal.
Al die personeel hoef nie op een slag af te vat nie.
Moenie skuil agter jul toekennings nie – dit beteken absoluut niks vir ons nie. Ons soek diens!
Stel nog personeel aan, kry oplossings en hou op met jul simpel verskonings.