‘n Politieke storm woed in die DA geledere nadat ‘n Drakenstein DA-raadslid gisteroggend na die Paarl-polisiestasie geneem is vir ondervraging wat verband hou met klagtes van aanranding en gesinsgeweld.
Dit volg nadat ‘n saak van aanranding glo verlede week teen hom gemaak
is.
Die klaer, met wie die getroude raadslid glo in ‘n verhouding was,
beweer hy het haar tydens ‘n onderonsie gewurg en aangerand.
Die raadslid, wie se naam nie tans genoem kan word totdat hy formeel
aangekla s nie, is sedert 2020 ‘n Drakenstein-munisipaliteit DA-raadslid.
Volgens Paarl-polisie-woordvoerder Kapt. Louise du Plessis is die
raadslid nie inhegtenis geneem nie, maar slegs vir ondervraging ingeneem. Dit
is nog onduidelik of enige klagtes teen hom aanhangig gemaak gaan word.
Koos Steyn, voorsitter DA Wes-streek, het gese daar sal
daadwerklik begin word met ‘n interne partyproses en die verslag wat hieruit
vloei sal ernstig oorweeg word.
“Ons doen ook ‘n beroep op die Polisie om die saak so
spoedig moontlik af te handel,” het Steyn gese.
“Die DA beskou enige geweld teen vroue en kinders as ernstig
en onaanvaarbaar. Dit is belangrik om te alle tye na die belange om te sien van
diegene wat geaffekteer is en ons gaan nie verder kommentaar lewer of die saak
politiseer nie.”