’n Gru-ongeluk het Dinsdagaand die lewe van ’n 60-jarige man geëis en twee ander met ernstige beserings gelaat op die Hermonpad naby die Denel-aanleg. Die Wellington-polisie se bevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, sê die oorledene was die bestuurder van ’n Volkswagen Polo, en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van ’n Hyundai-vragmotor, sowel as die passasier, het ernstige beenbeserings opgedoen. Albei is na die hospitaal geneem.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article