Lede van die Gouda-kleinskaalboere met verteenwoordigers van Hemp Africa SA, is Les Holmes (stigter en donateur van Hemp Africa SA), Babalo Mbono (finansiële direkteur), pastoor Benjamin (Gouda-gemeenskapsleier), Rodger Oersen (direkteur Hemp Africa en sekretaris van die Boerevereniging), Aletta Stevens (tesourier van die Boerevereniging), Gary Pryor (direkteur van Hemp Africa), Nicole Pryor (sekretaris van Hemp Africa), Colin Rens (Boerevereniging-voorsitter), Gert Koopman (hoof van veiligheid en plaasbestuurder) en Peter Mons (direkteur van Hemp Africa SA).Foto:


Die gemeenskap van Gouda kry nou nuwe ekonomiese geleenthede met die huidige ontwikkeling van ’n hemp-plaas.

Dit te danke aan Hemp Africa SA wat sy bekendstellingsprojek in Gouda begin om kleinboere betrokke te maak by hemp-boerdery en om ’n koöperatiewe verbintenis met die boere aan te gaan.

Reeds in 2019 het Hemp Africa SA sy “Van onder na bo”-projek begin om hemp-boerdery-samewerkingsgeleent­hede te skep vir kleinboere om industriële hemp te kweek.

Hierdie visie is om werk en ekonomiese geleenthede vir kleinskaalse boere te skep, om onafhanklikheid en volhoubare werk in die streek, asook nog werksgeleenthede in die gemeenskap te skep.

Hemp Africa en Gouda Farmers Association Project werk nou hiermee saam juis met die fokus op werkskep­ping.

Hemp Africa sal kleinboere leer en ondersteuning bied oor die bedryf en geleenthede wat gebied word met hemp-produksie en hulle ondersteun in die verwerking en verspreiding van industriële hempprodukte.

Hemp Africa streef daarna om “Die hemp-hub van die Wes-Kaap” te word.

Die eerste fase van die projek het onlangs afgeskop met aanplanting op ’n 0,5 ha-stuk grond in Gouda.

Daar word beoog om die groei te ontwikkel tot 50 hektaar met die oog daarop om uiteindelik te groei tot die aanplanting van 1 000 hektaar industriële hemp wat ook op Gouda verbou sal word en tot grootskaalse ontwikkeling hier sal lei.

“Deur openbare grond te huur, gemeenskapsgebaseerde infrastruktuur te vestig wat spesifiek vir die produsente is en kontrakte te onderhandel, is daar ’n geleentheid om inkomste te verhoog en toegang tot plaaslike en internasionale markte te verkry, terwyl ons beweeg om die groeiende basis binne die Wes-Kaap en regdeur Suid-Afrika te verbreed,” het Hemp Africa SA in ’n verklaring gesê.

“Die boerevereniging en Hemp Africa gaan groei om ’n koöperasie op die perseel te stig.

“Die projek behels die verbouing van die hemp en verwerking daarvan tot verskillende produkte, byvoorbeeld in die tekstielbedryf, vir spesifieke markte.

“Dit is ’n deurslaggewende projek vir die toekomstige ekonomiese groei van die gemeenskap.

“Saam kan ons hiervan ’n sukses maak en voortbou op die enorme potensiaal van industriële hempgewasse en die vaardighede van die boere in die Gouda-gemeenskap.”. Communal hemp farming is on the cards for small-scale farmers of Gouda and can pave the way for a very successful farming and manufacturing initiative for the area.

You need to be Logged In to leave a comment.