Helpende Hand(e) vir Huis Vergenoeg

Helpende Hand het op 25 Maart ‘n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besondere geleentheid het een van sy gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior […]


Helpende Hand het op 25 Maart ‘n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besondere geleentheid het een van sy gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior inwoners stap vir stap gehelp met uitdagings wat hulle met hul slimfone beleef.

Van basiese wenke tot hoe om ‘n stemboodskap te stuur was niks was te groot of te klein om aan te pak nie. Sommige van die bejaardes kon selfs vir die eerste keer op hierdie manier met hul kinders kommunikeer, wat ‘n spesiale en emosionele ervaring vir almal was.

Volgens Alisha de Lange, streekbestuurder van die Suid-Streek, is dit vir Helpende Hand belangrik om ‘n volhoubare verskil te maak.

“Ons glo dat ons met hierdie geleentheid die bejaardes kon help om gemakliker te voel met tegnologie. Ons verstaan dat hulle nie met hierdie vaardighede grootgeword het nie en daarom is die uitdaging soveel groter,” het sy verduidelik.

Helpende Hand poog om deur hierdie soort projekte nie net praktiese vaardighede aan te leer nie, maar ook ‘n gevoel van selfvertroue en verbondenheid te skep. “Ons is dankbaar vir vennootskappe soos dié met iSimplifi wat hierdie doelwitte help bereik.”

  • Inden jy meer wil weet oor Helpende Hand se projekte en hoe jy betrokke kan raak, besoek die webtuiste hier.

You need to be Logged In to leave a comment.