Die Wine Adventure Trail Run keer Sondag 11 September terug na die Warwick-wynlandgoed langs die R44 tussen Klapmuts en Stellenbosch.
Die hele gesin kan uit drie afstande kies om aan ’n heerlike oggenddraf in die wynlande deel te neem.
Registrasie begin om 07:30 by Warwick-wynlandgoed.
Die langste afstand (15 km) begin om 08:30, die 10 km om 08:45 en die 5 km om 09:00.
Vroeë inskrywings kan aanlyn gedoen word by www.dirtpass.co.za tot Vrydagoggend (9 September om 12:00), maar laat inskrywings sal ook op die dag aanvaar word. Pryse begin by R150, en vir kinders onder 18 kos dit R60 aanlyn. Let asseblief daarop dat laat inskrywings, indien beskikbaar, op die geleentheidsdag, ekstra sal kos.
Die roetes kronkel teen die hange van Klapmutskop uit met ’n tweespoorpaadjie deur die kolkende wingerde en pragtige enkelspoorgedeeltes en uitsigte.
Almal wat hul roete voltooi, kry ’n medalje.
Bly vir die prysuitdeling en geluks- trekking en geniet ??’n kans om wonderlike produkpryse van die borg FALKE en koopbewyse van Sportsman’s Warehouse en Warwick Wine te wen!
Koffie, croissants en muffins sal van vroegoggend af beskikbaar wees en maak seker jy bespreek vir Warwick se heerlike pieknieks om op die pragtige grasperk ná die wedloop te geniet.
Hierdie geleentheid is deel van die Sportsman’s Warehouse Trail Run-reeks waar jy punte by elke maandelikse geleentheid verdien.
Vir verdere inligting stuur e-pos na info@dirtopia.co.za of skakel 078 343 3572 of besoek die webwerf by www.dirtopia.co.za. Vrydag (9 September) word die gewilde sonsondergang-/volmaan-staptog van die Muratie-wynlandgoed van Dirtopia Trail Centre af aangepak.
Hierdie roete is ’n sirkelvormige 3,5 km en ’n perfekte gesinsavontuur!
’n Koffiestasie aan die begin en wyn by die kuierplek op die berg, waar stappers uitsigte sal hê oor die son wat oor Tafelberg sak en die volmaan wat oor Simonsberg opkom, is beskikbaar.
Al die inligting is op Dirtopia se webwerf.
Die gemerkte roetes van Muratie af is sewe dae per week oop vir die publiek vir bergfietsry, roetedraf en stap teen R60 per persoon vir dagpermitte.
Volg DIRTOPIA op Twitter, Instagram of Facebook vir die jongste nuus.

