Die Sunfield-veldwedloop word Sondag 16 September van 08:00 tot 16:00 aangebied.
Die projek het verlede jaar as ’n jaarlikse gebeurtenis begin en eers later ’n naamborg gekry toe dit die Cape Winelands-sportraad-veldwedloop was en nou die Cape Winelands-Sunfield-veldwedloop genoem word.
Garine de Wet, bemarkingsbestuurder by Sunfield, sê die projek sal deelnemers se hartsnare deur die liefdevolle glimlaggies van die inwoners trek.
Die saamtrek bied baie geleenthede om met verteenwoordigers van die Suidoosterfees en die departement kultuur, kuns, sake en sport (DKAS) hande te skud of net lekker saam te lag en te kuier.
Die wenners van die 2017-Suidoosterfees-talentsoektog sal optree.
Die projek is ’n geleentheid om mense meer bewus te maak van intellektuele gestremdhede en gestremdes se vermoë te beklemtoon eerder as dat hulle gestremd is.
“Dit word beskou as ’n passieprojek vir Sunfield Home asook vir die Cape Winelands-sportraad en DKAS. Dit is deur verskeie borge moontlik gemaak, vir wie ons baie dankbaar is,” sê De Wet.
Die projek bied talle trekpleisters.
“Kom dans en hardloop saam met Sunfield Home se inwoners, die minister van sport, Elna von Schlicht, en die burgemeester, Conrad Poole, en geniet die wyn en kos wat te koop is,” sê De Wet.
. Skryf in by entries.onsite-events.co.za. Kontak Garine de Wet by 072 447 2576 of per e-pos by garine@sunfieldhome.co.za.

