Zeke Finck (gr.4) van Laerskool WA Joubert het onlangs aan die Wes-Kaapse atletiek­byeenkoms vir laerskole deelgeneem. Hy het ’n derde plek in die 80 m en 100 m vir seuns o.10 behaal. Zeke is ook as beste veldatleet by dié byeenkoms aangewys.