’n Leerder van Bergrivier Hoërskool, Calvin Basson (16), van die plaas Onverwags net buite Hermon, het onlangs die Boland-atletiekspan gehaal. Hy het aan die 200 m deelgeneem en is gekies om in die komende September-skoolvakansie in Port Elizabeth te gaan deelneem.