Motoriste en ander padgebruikers wat gebruik maak van die N1 brug naby Goudini / Rawsonville word versoek om gebruik te maak van n alternatiewe roete nadat ’n vragmotor en motorvoertuig vanoggend (24 Desember) reg van voor teen mekaar gebots het.
Na wat verneem word, het die motorvoertuig met die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Volgens inligting het die ongeluk gelei tot verskeie sterfgevalle. Die polisie het nog nie ’n amptelike verklaring hieroor uitgereik nie, maar sodra verdere inligting beskikbaar is, sal ons dit opdateer.