Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument is in Oktober die gasheer vir die grootste gospelkonsert in die Paarl.
Hierdie spirituele sang-extravaganza, wat in samewerking met Marco Mentoor en Chadleigh Gowar aangebied word, beloof om van Sondag 30 Oktober ’n onvergeetlike middag by die Amfiteater op Paarlberg te maak.
Minstens 21 sangers en groepe gaan besoekers van 14:00 tot 20:00 met musiek en lirieke bekoor. Hulle sluit in Chadleigh Gowar, Clarissa Benjamin, Colin Mitchells, David Jantjies, Deon Valor, Divine Purpose, Divine Ministry, DOEP, Dumisani, Gerty Ryan en Merlin Balie (wat ook as seremoniemeesters optree), Jerome Scholtz, Kunjalo, Larry George, Loren Erasmus, Nicolene Saal, Marco Mentoor en MM Productions, Nosipho H, No S’wett, Set One Band, Steyn Fourie asook Triveno Smith. Die musikante is van die Paarl en die res van die Wes-Kaap. Hulle verteenwoordig ’n verskeidenheid gospelgenres en gebruik verskillende instrumente.
Die hekke open om 13:00. Genoeg sitplekke is beskikbaar, dus word geen eie stoele toegelaat nie. Stalletjies sal ook beskikbaar wees, dus word geen eie kos of drank toegelaat nie. Kaartjies is te koop by Computicket teen R100 (R30 vir kinders onder 13 jaar). . Kontak Jeffrey by 021 872 3441 of via e-pos by bemarking2@taalmuseum.co.za.

