Die tjokkers van die kleuterskool Tjokkerland in die Paarl kon onlangs met hul grootouers spog toe die skool ’n Oupa- en Oumadag aangebied het. Cobus (4) en Larissa Roos (1) was so bevoorreg dat hul oumagrootjie, Corrie Roos (88), die geleentheid kon bywoon.