Die Groot Drakenstein-polisie het die afgelope naweek ’n 54-jarige man van Simondium weens handel in dwelms in hegtenis geneem. Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, het beamptes Saterdag lasbriewe in die Meerlust-bosbougebied uitgevoer. Pietersen sê 79 sakkies tik, 13 heel Mandrax-tablette en 13 stoppe dagga is op die perseel gevind waar die man in hegtenis geneem is. Die verdagte het Maandagoggend in die Franschhoek-landdroshof verskyn. Die dwelms is vir verdere toetse na die polisie se laboratorium weggestuur. Die verdagte is vrygelaat totdat die uitslae van die toetse beskikbaar is. Voor is sers. Heinrich Cornelissen, konst. Johan Bosman, sers. Granville Julies, sers. Rosaline Links, AO Colin Adams en sers. Charlene Pietersen. Agter staan AO Ryan Pheiffer en AO Shaun Jacobs.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article