Kom aanskou en leer meer oor die pragtige kuns van Bonsai in Stellenbosch wanneer die grootste bonsai-skou in Afrika plaasvind.


Die grootste bonsai-skou in Afrika vind van 8-10 November in Stellenbosch se stadsaal plaas.

Bonsai is die ou kunsvorm uit die Ooste waar bome kunstig ontwerp en in keramiekpotte geplant word om pragtige emosionele ervarings teweeg te bring.

Sowat 200 van die beste bonsai in die land sal op die skou te sien wees. Daar gaan werkses­sies, demonstrasies en kunste­naars van heinde en verre wees.

Die skou is oop vir die publiek van 09:00 tot 17:00.

Sondag sluit dit om 15:00. Toegang vir die publiek kos R20. Navrae: Willem Pretorius by 083 260 5696.

You need to be Logged In to leave a comment.