Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, het aan die vooraand van Kersfees oudergewoonte sy moue opgerol en self aan die werk gespring om kos voor te berei vir bykans 350 inwoners van Paarl-Oos. Hierdie is een van die talle welwillendheidsprojekte wat die burgemeester en sy familie deur die jare in sy private hoedanigheid aanpak om sy gemeenskap by te staan. Links is hy en sy vrou, Jené, by van die kinders wat bederf is met ’n heerlike hoender-ete. Foto: