Luister Vrydag 23 November 19:00 na die Van der Mentals wanneer hulle gratis op Die Bôrdienghuis-teater in Wellington se nuwe buiteverhoog optree.
Hoewel hul gunsteling genre blues is, speel hulle ’n wye verskeidenheid ander genres soos rock, pop en reggae. Die groep speel ’n verskeidenheid “covers”, maar gaan ook van hul eie liedjies met die gehoor deel.
Neem jou gesin en vriende saam vir ’n gesellige kuieraand. Pizza’s en drinkgoed sal van 17:00 af gekoop kan word.