Die gr. 12-jeuglede van Paarl-Voortrekkers het die Nasionale Presidentsverkenner-toekenning ontvang. Hierdie eerbewys is die hoogste toekenning wat ’n hoërskoolleerder in die Voortrekkers kan verwerf. Om hiervoor te kwalifiseer, moes hul ’n sekere aantal diensjare hê, gebiedskampe bygewoon het en spesialisasie en take suksesvolle voltooi het. Goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekker-kommando moes ook ingehandig word. Hierna moes hulle die nasionale presidentsverkenner-eksamen aflê en slaag. Tydens die eksamen word hulle getoets oor die teoretiese werk van gr. 8 tot 11 wat oor ’n wye spektrum vaardighede, leierskap, burgerskap, geskiedenis en sake van die dag handel. Hulle moes ook in die Junie-skoolvakansie ’n afrondingskamp bywoon. Die Paarl-Voortrekkerkommando het die groep gelukgewens. Agter staan Christof Mulder, Roché Loubser, Anré Harmse en Le Roux van Wyk. Voor is Heila Hugo, Robin King, Emmari Janse van Noordwyk en Ronél Loubser (span-offisier).Foto: Johan Maree


Graad 12-Voortrekkers ontvang hoogste eerbewys

You need to be Logged In to leave a comment.