Die gr. 9-leerders van Klein Nederburg Sekondêr het hulle onlangs slaggereed gemaak om die regte vakke vir hul gr. 10-skooljaar te kies wat hul toekomstige loopbaan sal help bepaal. Ouers en leerders is by ’n loopbaanuitstalling in die skoolsaal oor verskillende beroepe ingelig. Drakenstein se brandweer- en verkeersafdelings, die Northlink-kollege, die Universiteit Stellenbosch, Boland Kollege in Paarl, West Coast College, TETA, die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en Elsenburg het dáár uitgestal. Die uitstalling het danksy Hillary Jacobs, ’n voormalige onderwyser van die skool wat reeds 20 jaar gelede die inisiatief geneem het, ’n jaarlikse instelling geword. Van links is Mateo Williams, Jaco Stander (brandweerman), Kiran Buffel, Jerome Arendse (brandweerman) en Duran van Wyk.Foto: Devidean Moses