Leerders van die Hugenote Hoërskool het ná drie jaar weer van Donderdag 27 Februarie tot Saterdag 29 Februarie basaar gehou. Vanjaar was daar ook ’n Fleur-de-Lied-paviljoenekompetisie vir al die grade van die skool, sowel as ’n “inry”-teater. Die wenners van die Fleur-de-Lied-kompetisie was die gr. 12-groep.