Die Paarl-Oos gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nooi alle lid-organisasies se kwalifiserende lede om aansoek te doen om die vakante poste beskikbaar by die forum.
Daar is een pos beskikbaar as kassier en drie poste vir addisionele lede.
Die verkiesing van lede wat die poste sal vul, vind plaas op ’n spesiale vergadering op 3 Augustus om 19:00 by die Paarl-Oos polisiekantoor.
Aansoeke sluit op 28 Julie om 19:00. Die GPF wil ook diegene inlig wat aansoek doen om daarop te let dat poste vrywillig is en dat daar geen finansiële vergoeding aan gekoppel word nie.
Kontak gerus die GPF se sekretaresse Shireen Anter by 084 076 4910 met enige navrae.