Francois Gouws, ’n leerder aan Newton Primêr, was deel van die Wes-Kaapse atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskool-atletiekbyeenkoms in Limpopo deelgeneem het. Francois het in sy ouderdomsgroep, seuns o.12, die eerste plek in die 150 m-wedloop behaal en ’n derde plek in die 100 m. Francois was ook een van die vier atlete wat lid was van die seuns-o.12-aflosspan, waar hulle die eerste plek behaal het. Die skool is baie trots op hom. By Francois staan sy sportafrigter, Gillian de Vries, en die skoolhoof, Jacques Clarke.