Goodnow-saal kry tydelike ‘dak’

Die Vriende van die Wellingtonse museum het op Maandag 3 Julie ’n sug van verligting geslaag toe die koepel van die erg verbrande Goodnow-saal uiteindelik toegemaak is om te voorkom dat die mure van die gebou deur rëenwater beskadig word.

Die Goodnow-saal is op 26 Oktober verlede jaar erg in ’n brand beskadig, vermoedelik weens studenteprotes. Tydens ’n inspeksietoer wat die Vriende van die Museum op 5 Februarie saam met die rektor van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) en sy amptenare uitgevoer het om die omvang van die brandskade vas te stel, het die universiteit onderneem om die afgebrande koepel voor die komende rëenseisoen tydelik te bedek en om alle waardevolle musiekinstrumente uit die gebou te verwyder om elders te bewaar.

Op ’n tweede inspeksietoer gedurende Junie vanjaar is daar met skok kennis geneem van die feit dat weinig van die planne om die gebou te beveilig uitgevoer is. Omdat die mure van die daklose koepel hoofsaaklik van roustene gebou is, het die gevaar volgens kenners nou wesenlik geraak dat die mure in die huidige rëenseisoen ineen kan stort.

Tot groot verligting van die Vriende van die Museum is die tydelike bedekking van die koepel op Maandag 3 Julie uiteindelik aangebring.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.