Die Goodnow-saal in sy voormalige glorie geleë op die KSUT-kampus in Wellington.


Hoewel die afgelope reëns as ’n geskenk van bo geval het, was dit ’n bron van kommer vir Wellingtonners soos Johan Rademeyer, wat oor die waterskade aan die Goodnow-saal besorg was.

Rademeyer het sy dankbaarheid vir die goeie reënval betoon, maar in dieselfde asem sy kommer uitgespreek: “Ongelukkig berokken dié seëning onmeetbare skade aan dit wat van die Goodnow-saal oorbly.”

Maar nou, ná jare se verlatenheid en reënskade, sal herstelwerk aan dié gebou op die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) se terrein in Wellington begin.

KSUT se woordvoerder, Lauren Kansley, sê ’n kontrakteur het amptelike terrein-vestiging van die beplande restourasiewerk in Augustus begin.

“Die eerste prioriteit behels die herstelwerk aan die gebou se dak, wat na verwagting ses maande lank sal duur,” het Kansley bevestig.

Dit volg ná vele pogings deur onder meer die Vriende van die Wellington-museum om die geskiedkundige gebou in ere te herstel nadat dit op 26 Oktober 2016 in ’n verwoestende brand beskadig is.

Planne vir die herstel van die Goodnow-saal gaan so ver terug as Februarie 2017 toe die bestuur van die universiteit en lede van die Vriende van die Museum saam op ’n restourasieprogram vir die skade besluit het.

KSUT bieg die proses neem langer as wat oorspronklik verwag is.

Buiten die covid-pandemie is die proses tot herstel vertraag weens faktore soos versekeringseise en die alewige heen-en-weer-kommunikasie met erfenis-amptenare en argitekte, meen Kansley.

Die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van beplanning en ontwikkeling, Jacqui Samson, het aanvanklik gesê regstappe sal oorweeg word indien KSUT nie die ooreengestemde herstelwerk doen nie.

Intussen is herstelwerk op die kampus se terrein amptelik begin.

Op haar beurt het die hoof van die Wellington-museum, Olivia le Cordeur, verduidelik waarom die bewaring van die Goodnow-saal so belangrik is.

“Die saal is maklik een van Wellington se oudste geskiedkundige geboue. Dit is ’n belangrike gebou wat van die ontwikkeling, uitbreiding en erfenis van Wellington getuig,” maan Le Cordeur.

Die gebou se bestaan is te danke aan invloedryke vroulike figure soos Abbie Ferguson en Anna Cummings, wat hul afsonderlike hulpbronne en konneksies ingespan het om Wellington met ’n veeldoelige saal toe te rus.

Die bestaan van die Goodnow-saal

Destydse byeenkomste en drilklasse ensovoorts moes dikwels onder bome of op die beperkte agterstoep van Murray Hall plaasvind.

Volgens inligting uit die Wellington-museum se argiewe het Ferguson op haar eie inisiatief die oop stuk grond waarop die saal gebou is vir £160 gekoop.

In afsonderlike pogings het Cummings met verlof na haar familie in Amerika vertrek en aan maniere gedink hoe sy iets kon doen om die bou van ’n saal te bespoedig. Op haar reis in Amerika het Cummings A.E. Goodnow genader, wat altesaam £3 000 geskenk het om die saal in die Wes-Kaap te bou.

Die hoeksteen van die nuwe gebou, Goodnow Hall, is op Donderdag 29 Oktober 1885 gelê. Die gebou sou ’n saal vir gimnastiek en algemene studentevergaderings, ’n museum, ’n laboratorium sowel as ’n studiesaal en kunskamer insluit.

Die saal is in Oktober 1886 ingewy en in gebruik geneem.. After years of Wellington stakeholders battling to have the Goodnow Hall restored following a fire that wreaked havoc to the historic building in 2016, restoration of the roof has officially begun. It is one the town’s most historic buildings that was built with the money donated by an American man, A.E. Goodnow, in 1885.

You need to be Logged In to leave a comment.