Die Hoërskool Gimnasium Paarl is trots op 24 leerders van dié skool wat onlangs aan die De Beers- English Olympiad deelgeneem het. Met slegs drie weke om voor te berei nadat die studiemateriaal ontvang is, pronk die skool met Rozelle Hartzenberg wat vierde in die Huistaal-afdeling geëindig het. Daar was meer as 2 493 inskrywings landwyd. Jana van Antwerpen het ’n goue sertifikaat vir die Eerste Addisionele Taal-afdeling ontvang. Van die prestasies sluit in een diamant, een goud, sewe silwer, 11 brons en vier merietesertifikate. Heel agter (vierde ry) van links is Stephan Conradie, Stefan Walles, Alexa Steenkamp en Hanna von Molendorf. Derde ry: Jeané du Toit, Anja van Staden, Emmari Janse van Noordwyk, Danielle Claassen en Giulia Basson. Tweede ry: Luané Nel-Olivier, Lize-Marie Conradie, mev. Lize Nortier (fasiliteerder), Kyla Heyl en Heila Hugo. Heel voor staan Joanie Taljaard, Dalienke van Straaten, Jana van Antwerpen (goud), Rozelle Hartzenberg (diamant), Sazkia Nortier en Lize-Therez Dippenaar.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.