Die Laerskool Paarl Gimnasium se tweekampspan is onlangs aangewys as die beste tweekamp-laerskolespan in die land. Hulle het onlangs aan die SA tweekamp-kampioenskap teen 20 van Suid-Afrika se toplaerskole deelgeneem. Die span wat die laerskole-afdeling gewen het, is agter van links Ryan Viviers (o.9), Marli van Lierop (o.13), Liam Vogel (o.11), Anné Sabbagha (o.13), Sebastian Scharrighuizen (o.11), Simone van der Merwe (o.11) en Thomas van der Merwe (o.9). Voor is Kehara Human (o.11), Minke Pretorius (o.11), Handré Sabbagha (o.11), Anmi Slabbert (o.11) en Junika Hugo (o.13). Twee van die atlete het ook hul onderskeie ouderdomsgroepe gewen. Anné het goud vir meisies o.13 gewen en Thomas het die o.9-afdeling vir seuns met ’n SA rekord gewen. Hy is ook aangewys as die junior victor ludorum. Simone en Ryan is albei sesde in hul onderskeie ouderdomsgroepe.