Marcus Muller van die Hoërskool Gimnasium Saterdag teen Boland Landbou op pad doellyn toe.


Die rugbyseisoen is in volle gang, met die tafel vir ’n puik skolerugbyseisoen gedek.

Die afgelope naweek het die Hoër Jongenskool Paarl ’n taai stryd teen Oakdale Landbouskool by die Brugstraat-stadion in die Paarl gehad. Boishaai het ondanks drie geel kaarte steeds 19-10 gewen. Oakdale se enigste drie deur sy plaasvervanger-voorryman, Sine Mdlankomo, is eers in die laaste minute gedruk om meer aansien aan sy telling te gee.

Paarl Gimnasium het sy stormloop behou as no.1 op die skolerugby-punteleer toe hy vir Boland Landbou ’n behoorlike rugbyles geleer het, met ’n oorwinning van 47-13. Boonop het Gim se buitesenter, Marcus Muller, ’n driekuns van drieë vir sy span gaan druk om weer eens te wys waarom hy so hoog aangeslaan word.

Die Gimmies se puntemasjien op heelagter, Freek de Kock, het self 17 punte tot die sege bygedra.

Wellington se Hugenote Hoërskool het lelik vasgeval met 46-10 teen Worcester se HTS Drostdy, en op tuisbodem het die Hoërskool Labori vir Noorder Paarl Sekondêr met 20-15 geklop.

You need to be Logged In to leave a comment.