Die Hoërskool Gimnasium Paarl se swemspan het Donderdag (20 Februarie) aan die Frank Myburgh Twilight-gala in Malmesbury deelgeneem. Die span het uitstekend gevaar en die eerste plek in die afdeling vir gemengde skole behaal. Die seuns en meisies van Gim het ook in die afdeling vir seuns- en meisieskole deelgeneem. Die meisies het algeheel eerste geëindig en die seuns het die tweede plek behaal. Links is die spankapteins, Louché Wiehahn (gr. 12) en Adriaan Viljoen (gr. 12).