Die Hoërskool Paarl Gimnasium se o.15A-netbalspan het Suid-Afrika trots gemaak toe hulle die eindstryd van die 13de Internasionale Jeug-netbaluitdaging in Singapoer gewen het. Die eindtelling was 46-16 en hulle was algeheel eerste in die Internasionale Jeugkampioenskap in Singapoer. Kyla Smit is as Speler van die Toernooi aangewys. Die Paarl Gim-span pronk op die foto saam met ’n beampte van die toernooi (links) met hul trofeë. Agter, van links, is Daniëlle de Jonge, Sophia Liebenberg, Marika Dixon, Lea Schöltz, Elzé Laubscher en Paul Viljoen (skoolhoof). Voor is Janke van der Merwe, Lila Doyer (kaptein), Kyla Smit (onderkaptein), Mia Groenewald en Juline van der Merwe (afrigter).Foto:


Gim se o.15A-netbalspan wen internasionale toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article