Die o.12-hokkiemeisies van die Laerskool Paarl Gimnasium het aan die Marius Schoeman-7’s rugby- en 5’s-hokkietoernooi by die Hoërskool Gimnasium Paarl deelgeneem waar die span die derde plek behaal het. Van links is Marius Schoeman, Linka Laubscher, Miné King, Nika Saayman, Ankia Human, Emma Manefeldt, Mienke van Heerden, Kehara Herholdt, Minke Hugo, Bradley Hallet (Amdec Groep) en Jean Stemmet.