Verlede Donderdag het die Paarl-kanoklub afskeid geneem van hul staatmakerlid asook die legendariese kanovaarder, Giel van Deventer. Van Deventer is op 20 Augustus op die Breërivier naby Swellendam in ’n kano-ongeluk dood. Hy was besig met ’n voorbereidingsvaart voor die afskop van die Breërivier-kanomarathon. Sowat 50 kanovaarders van Paarl-klub het verlede week se geleentheid bygewoon, saam met nog vriende en familielede. Die kanovaarders het na ’n kort diens op die oewer van die Bergrivier in hul kano’s geklim en ’n erewag gevorm in die middel van die rivier ter nagedagtenis aan Van Deventer. Hierna is ’n blommeruiker in die rivier geplaas as simbool van Van Deventer se jare lange vaarte op die Bergrivier. Die ruiker het stroom af in die rigting van die see gedryf, net soos Van Deventer talle keer gedoen het. Hy het in sy leeftyd 51 Bergrivier-kano-marathons voltooi, ’n rekord.Foto: Lise Beyers
Giel vereer op Bergrivier
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.