Die Beatles, The Rolling Stones, Fleetwood Mac, Tina Turner, The Eagles, Stevie Wonder, Aretha Franklin, Elton John, The Beach Boys, Neil Diamond, Queen en nog vele meer is op pad Wellington toe.
Hierdie kunstenaars se gewildste liedjies gaan die voete behoorlik laat jeuk en die hartsnare roer wanneer Mike McCulley, van McCulley’s Workshop-faam, se orkes Vrydagaand 16 November op die splinternuwe buitelugverhoog van Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington hulde aan hulle bring.
Hul vertoning, Mike and the Harmonix sings 60’s and 70’s, volg op hul gewilde Tribute to Abba wat vroeër vanjaar teaters volgepak het.
Die Harmonix-orkes en sangeresse beloof om almal op hul voete te hê met liedjies soos Aquarius, Buccaneer, Locomotive Breath en Another brick in the wall.
Die konsert begin 20:00 met eet- en drinkgoed wat van 18:00 verkoop word. Kaartjies kos R150 by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.