Weer eens het die Drakenstein-munisipaliteit teleurgestel met die klipharde en heeldag se geraas vanuit die arboretum op 16 Desember.
Daar is al jare lank gekla oor hierdie geweldige geraas wat plaasvind tot laat in die aand. Ek gee nie om vir musiek nie, maar die klankvlakke van hierdie doef-doef was heeltemal uitermatig, en ons as huiseienaars in die gebied moes letterlik met ’n kussing oor die kop sit om nie waansinnig te raak nie.
Graag wil ek weet of die munisipaliteit hoegenaamd huiseienaars van die gebied in ag neem wat erg geraak word deur sulke raas-makieties, of is dit maar net weer eens ’n bewys dat die munisipaliteit hom net nie aan belastingbetalers steur nie?

