Die Paarl-polisie ondersoek ’n sakerooftog nadat drie gewapende mans Dinsdag (27 Februarie) die Sterns-juwelierswinkel in Lady Greystraat in die Paarl helder oordag beroof het. Volgens kapt. Louise du Plessis, ’n polisiewoordvoerder, is die winkelbestuurder en assistente deur die gewapende rowers oorval en vasgebind. Sy sê die rowers het met ’n onbekende bedrag geld asook juweliersware weggekom. Niemand is nog in verband met die rooftog aangekeer nie. Du Plessis het ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak. Foto: Rasaad Adams


Gewapende rooftog by Sterns; personeel vasgebind

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article