Die Paarl-polisie versoek hulp van die publiek om die eienaar van dié elektroniese toestelle op te spoor. Die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis sê die toestelle is Dinsdag deur polisiebeamptes in die besit van ’n verdagte in Noorder-Paarl gekry. “Die eienaar van die elektroniese toestelle kan met die polisie-ondersoek help aangesien die verdagte op 20 Oktober in die Paarl-landdroshof sal verskyn.” Enigiemand met inligting word gevra om die Paarl-polisie se misdaadkantoor by 082 469 1431 te skakel.
Gesteelde eiendom gevind
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.