Die bekroonde skrywer Ingrid Winterbach (regs) was op 25 September die gas van die Breytenbach-boekklub. Sy het in ’n onderhoudend met prof. Louise Viljoen (links) oor haar jongste boek, Onrus op Steynshoop, gesels. By hulle is die skrywer Daniël Lötter, wat die sentrum se Boekklub as direksielid van die Breytenbach-sentrum behartig. Die volgende Boekklub-geleentheid word aanstaande Woensdag (9 Oktober) aangebied. Jeremy Vearey sal oor sy boek Crimson Sands gesels, wat deur die oud-Paarliet Kirby van der Merwe in Afrikaans vertaal is en as Rooisand uitgegee word. Die Breytenbach-boekklub is ’n projek van die Breytenbach-sentrum in Wellington. Foto: Engela Duvenage