Alle oë was die afgelope week op George in die Suid-Kaap waar ’n woonstelblok by ’n bouperseel Maandagmiddag (6 Mei) inmekaa­r­gestort het en sowat 75 konstruksie­werkers onder die puin vasgekeer is. Die vierverdieping- Neo Victoria-woonstelblok was in aanbou deur Liatel Developments, wat vandeesweek ook antwoorde gesoek het oor die oorsaak van die ramp. Sowat 200 reddings­werkers en snuffelhonde is ingespan en was in ’n stryd teen tyd gewikkel om so veel oorlewendes as moontlik te red. Teen gisteroggend (8 Mei) is altesaam 36 mense uit die puin gered, terwyl sewe in daardie stadium reeds dood verklaar is. Foto: Jaco Marais


George-ramp nou stryd teen tyd om lewens te red

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article