Die ATKV Wellington-gesinstak bied Vrydag 27 Maart ’n unieke gholfdag-feesdag by die Wellington-gholfklub aan.

Dit gaan nie net soos ander gholfdae ’n geleentheid net vir gholfspelers wees nie, maar ’n gholfdag met ’n twist.

Die fees begin die oggend om agtuur met ’n pretstap/draf om die baan van ongeveer 4 km. Inskrywingsgeld hiervoor is R40 per drawwer/stapper.

Groot en klein is almal baie welkom.

Heerlike kindervermaak, asook boereworsrolle, roosterkoeke, koffie en verskeie stalletjies, sal beskikbaar wees.

’n Gelukstrekking met pryse sal ook gehou word en die bekende rooi roomysbussie gaan ook deur die loop van die dag ’n draai kom maak.

Gholfspelers kan spanne vir die vierbal-vennootskap, wat 09:00 begin, teen R2 400 vir vier spelers inskryf.

’n Spog-aandete sal die aand aangebied word met ’n spesiale gasspreker en vermaak.

Bring dus die hele gesin om die gholfdag-ervaring saam met die ATKV Wellington-tak te kom meemaak.. Kontak Hentas Kotze by hentas@absamail.co.za vir nog inligting en gholfbesprekings.

You need to be Logged In to leave a comment.