Die eerste Sunset Song Sets, ’n geleentheid vir musiekliefhebbers om nuwe talent heel eerste te geniet, word Vrydag 4 November om 17:00 op Picardie-gasteplaas in die Paarl aangebied.

Die gehoor kan uitsien na Meg & Margot, ’n suster-duo wat ’n kombinasie van bekende gunstelinge en oorspronklike musiek sal opdis terwyl gaste die sonsondergang geniet.

Die musieksessies is die geesteskind van Margot van Wyk, die eienaar en vermaakpublisiteit-agent van Spin City Publicity, en wil Paarliete hierdie somerseisoen bekoor teen ’n agtergrond van asemrowende sonsondergange op die Picardie-gasteplaas tesame met die vars klanke van plaaslike kunstenaars.

Kaartjies kos R90 per persoon (kinders onder 12 betaal halfprys). Groepbesprekings van agt mense of meer kry spesiale afslag. Skakel 072 225 2312 vir besprekings.

Verversings sal op die aand te koop wees.

You need to be Logged In to leave a comment.