Kom bring ’n heerlike dag deur op die hange van Bainskloof wanneer Sunfield Homes sy gewilde Kersmark 2 Desember hou.
Tydens die dag se verrigtinge vind sy immergewilde Kersspel om 11:30 plaas. Daar is baie vermaak deur gaskunstenaars soos Merique Hanekom, Devon du Toit en Duelin Wood (Global Spotlight Talent Search-wenners) en Sydwell Beziek.
Daar sal verskeie stalletjies wees om vroeë Kersinkopies te doen, asook ’n teetuin waar jy lekker kan sit en luister na die musiek van die kunstenaars.
Sunfield Homes se Kersmark val saam met die Internasionale Dag vir Gestremdes. Die gemeenskap word genooi om self saam met die inwoners van Sunfield die dag te kom geniet en meer uit te vind oor hulle en al die interessante en selfs merkwaardige dinge wat hulle doen.