Geniet ’n aandmarkie in die Bo-vlei

Kom geniet die lekker someraande by Wellington Wyne se Maanligmarkte.


Kom geniet die lekker someraande by Wellington Wyne se Maanligmarkte.

Hierdie mark word elke laaste Vrydag van die maand van 17:00 af by Wellington Wyne se Bo-vlei-kelder aangebied. Die mark geniet ’n gesinsvriendelike atmosfeer waar ’n mens ’n asemrowende uitsig oor die vallei en sy berge kan geniet.

Musiekkunstenaars tree op, oppassers vermaak kinders en heerlike eet-, drink- en snuffelgoed sowel as interessante stalletjies is beskikbaar.

Geen eie eet- of drinkgoed mag ingebring word nie. Kom koop jou Vrydagaandete hier, of bestel ’n piekniekmandjie teen R250 vir twee (marketing@wellingtonwines.com).

Die piekniekterrein se hekke open 17:00 en sluit 22:30, maar gaste wat ’n bietjie vroeër wil begin Vrydag hou is welkom om in die (lugverkoelde) proelokaal te wag en solank ’n wynproe te geniet. Gaste moet reeds vroeg kom om sitplek te verseker en mag ’n kampstoel saambring.

Gaste wat die Februarie-mark bywoon kan ook plek vir die Bubbles Pairing om 20:00 bespreek waar MCC, Brut, Moscato en Blushing Pino saam met vrugte en sjokolade geproe word.

Die koste hiervoor beloop R60 per persoon.

Voornemende uitstallers kan gerus ’n e-posnavraag aan marketing@wellingtonwines.com rig.

Die mark open 30 Maart om 10:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.