Loki Rothman is een van die kunstenaars wat by die Laailou-musiekfees gaan optree.Foto: Facebook


Die TopWineRoots Laailou-musiekfees bied aan ’n opwindende nuwe musiek-ervaring by die Bergrivier-oord in die Paarl op Saterdag 19 November.

Van Suid-Afrika se top-kunstenaars gaan by die fees te sien wees en die program sluit in optredes deur Karlien van Jaarsveld, Janie Bay, Tasché, Ampie, Corné Pretorius sowel as Loki Rothman en Margot Rothman.

Vir die feesstigters Corné Pretorius en Wynand de Villiers was dit vir hulle belangrik hoe die naam klink, maar meer belangrik was dat die naam die regte toon daarstel, en al die elemente van die fees omarm. Die idee is dat feesgangers die fees van hul “laailous” kan aanskou.

Die verhoog by die fees word so opgestel dat toeskouers in die rivier op hul “laailous” sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeer-feesterrein dit kan sien. Feesgangers moet hul eie “laailou” of kampstoel neem.

Daar sal ook hope kindervermaak, eetgoed en ’n biertuin wees.

Kaartjies kos R260 by itickets.co.za. Toegang is gratis vir kinders 7 jaar en jonger. Vir al die feesbesonderhede en die feesprogram gaan na www.laailoufees.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.