Winlicia Arries, ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Noorder- Paarl, is gekies as lid van die Boland- o.18 meisies-rugbyspan, wat van 1 tot 4 Julie aan ’n rugbytoernooi by die Hoër Meisieskool Jeppe in Gauteng sal deelneem. Die skool is baie trots op Winlicia en wens haar alle sterkte toe. Saam met haar op die foto is die skool se rugbysameroeper, Marvin Arendse.