Klapmuts het Sondag (11 Junie) sy eie Geestelike Komitee in samewerking met geestelike leiers in die gebied, sowel as die Klapmuts-polisie, bekend gestel. Die bekendstelling is deur sers. Petrodene Pietersen van Klapmuts-polisie aangebied, wat ook as koördineerder van die Geestelike Komitee van Klapmuts sal dien. Volgens Klapmuts se polisiewoordvoerder, sers. Madilyn Dombas, het die komitee as doelwit om geestelike leiding “in die gemeenskap, vir die gemeenskap” te bied. “Die komitee is deur die polisie gestig om alle gelowe en godsdienste bymekaar te bring om ondersteuning te bied in die bekamping van misdaad. Dit het ook ten doel om die gemeenskap as ’n geheel op te hef,” verduidelik Dombas. Klapmuts se nuutgestigte Geestelike Komitee is elke dag beskikbaar. Indien Klapmuts-inwoners een van die komiteelede wil spreek, word hulle aangeraai om by die voorsitter, Willie Cloete, in Bellstraat besoek af te lê. Enige inwoner op soek na geestelike ondersteuning is ook welkom om gevalle by sers. Pietersen aan te meld deur die Klapmuts-polisie by 021 875 8000 te skakel. Die lede van die nuwe komitee is Alfonso Julius, Annie Mitchells, Neville Moses, Marlene Van Wyk, Willem Cloete, Veronica Gelant, Andries September en sers. Pietersen wat