Nadat die Franschhoekpas onlangs gedeeltelik ná die vloedskade van September vir verkeer oopgestel is, het ek die afgelope week vier keer oor die pas gery.

Ek is egter bekommerd oor die huidige stelsel, want soos wat dit vir my lyk – it’s an accident waiting to happen.

Toe die aankondiging gemaak is dat die pas weer beperk oopgestel is, is berig dat slegs ligtevoertuie met ’n massa van vyf ton of minder van die pas gebruik mag maak; ook dat net een baan vir ’n kort afstand oop is met vyf “gaan-voort-wanneer-veilig”- enkelbaangebiede elders.

Wat my egter pla, is dat in drie van die vier gevalle toe ek oor die pas gery het, het swaarvoertuie die pas gebruik. Gaan dit nie die pas net verder beskadig nie?

Daar is ook geen beheerbeampte in sig nie – ook nie in die gebiede waar die pad enkelbaan word of waar ’n stop-en-ry-stelsel voorgestel is nie. Dit maak die situasie uiters gevaarlik.


Ek vra maar net,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article