Dit is vir my baie sleg en hartseer om te sien hoe erg Paarl se openbare gebiede verval.
Een erge oogseer hier is die parkeer-terrein tussen die Taalmuseum en Hoofstraat (naby die Toringkerk).
Hier lê gemors en ongewenste karakters rond en mense slaap selfs snags hier. Dit is geleë in ’n pragtige gedeelte van die Paarl – tussen koffiewinkels, eetplekke en historiese besienswaardighede – maar dit is ’n klad op Paarl se beeld.
Gee die stadsvaders nie meer om oor die dorp nie? Of gee hulle net om vir al die ontwikkelings waardeur hulle room skep?