Kersfees is om die draai, en dit is wéér daardie tyd van die jaar wat almal rondskarrel om betyds te wees vir die feestyd wat voorlê.

Kersversierings in supermarkte pronk reeds aan die plafon; winkelsentrums het toenemende voetverkeer en almal by die werk val oor mekaar se voete om hul pligte vir die jaar te finaliseer.

Máár, wat is op jou Kersfeeslysie? Aardse dinge is belangrik – ek stem volkome saam. Nietemin is daar so baie ander dinge wat belangriker is. ’n Ekonomiese stabiliteit vir jóú sak, asook dié van die land, minder kragonderbrekings en stabiliteit in Europa kan ook nie skade doen nie.

My Kersfeeslysie loop oor van wense vir ’n beter 2023 en ’n stiller, meer vreedsame nuwe jaar. Ek het genoeg skoene, klere en ander besittings.

Gaan Kersvader dít op my lysie wel vir my kan bring?


Sonja,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.