Gedigtekompetisie nou in volle swang

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied hierdie jaar sy twaalfde gedigtekompetisie aan.


Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied hierdie jaar sy twaalfde gedigtekompetisie aan.

Die kompetisie is tweeledig – ’n afdeling vir graad 7-12-leerders en ’n ope afdeling met groot kontantpryse op die spel.

Die kompetisie maak elke jaar voorsiening vir verskeie aktuele temas.

Hierdie jaar sluit dit onder andere in “HUISGENOOT100”, aangesien die tydskrif vanjaar 100 jaar oud is, en “VERWOERD50”, aangesien HF Verwoerd 50 jaar gelede vermoor is.

Die kompetisie sluit op 30 Junie en die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal in September en November geskied. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in twee Bloemlesings gepubliseer word.

Inskrywingsvorms is op die GHA se webwerf beskikbaar (www.afrikaans.org.za) en moet, saam met die gedigte, foto en ’n lewensskets, verkieslik op die webwerf gepos word (of andersins per e-pos na gha@afrikaans.org.za gestuur word).

Vir navrae, bel die GHA vir meer inligting by 081 250 5060.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.