Elke jaar hoor ek van ouers wat sukkel om plek vir hul kinders in ’n skool te kry, en ek kan my indink dat dit nie ’n lekker gevoel is nie.
Dus wil ek mammas en pappas maan om vroegtydig aansoek te doen vir hul kinders. Die aanlyn aansoeke maak die proses vir baie mense moeilik, maar daar is hulp beskikbaar.
Gaan klop aan by ’n skool vir hulp of selfs by die onderwysdepartement. Ek is seker hulle sal u nie wegwys nie, maar eerder in die regte rigting stuur.
Die departement het ook verskeie opslaanstalletjies op verskeie dae, waar hulle ouers met die aansoekproses bystaan.
Moet net nie tot op die laaste minuut wag nie. Opvoeding is baie belangrik.