By JanKan, oftewel Picardie-gasteplaas in Suider-Paarl, is daar hope pret vir die hele gesin, veral nou met vlak 1 van die inperking. Dié plaas se Saterdag-mark is oop waar heerlike eet- en drinkgoed gekoop kan word en daar is hope pret vir die jongspan soos perdryritte, ’n ontmoeting met die plaas­diere en ook ’n fietsrybaan van Paarl Adventures. Heiko Basson, Pieter-Hugo Louw en Lehan Schäfer het die baan verlede Saterdag uitgetoets. Foto: Lise Beyers