Die winkelreus Game in die Paarl was verlede week amper in vlamme toe ’n asdrom reg langsaan die winkel aan die brand gesteek is.

Die voorval, wat Woensdagoggend (9 November) afgespeel het, is gade geslaan deur ’n negejarige seun, wat saam met sy pa op pad skool toe was. Die kind het die brand onder sy pa se aandag gebring, wie toe die brandweer gebel en die brand aangemeld het.

“Die brandbestryders het danksy hul vinnige reaksie van minder as ses minute die brand kom blus,” het die pa aan Paarl Post gesê.

Die brand is vermoedelik deur haweloses gestig.

Gerald Esau, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, het by navraag gesê: “Die brandweer is Woensdag 9 November omstreeks 06:33 ontbied na ’n brand by Game se parkeerterrein. Met hul aankoms het beamptes ’n klein plastiese herwinbare asblik aangetref, wat gebrand het. Die brandweer het die vlamme gou geblus. Die oorsaak was heel waarskynlik brandstigting of nalatigheid.”

  • The shopping giant Game in Paarl almost went up in flames last week when a dustbin right next to the store was set on fire.

You need to be Logged In to leave a comment.